Met die laaibak is dit moontlik om met jou trekker vurkhyser los maat materiaal te laai soos bv. kalk, mielies of gruis.
Dit is ‘n ligte diensbak wat nie sterk genoeg is om vaste grond mee los te maak nie maar as jy los grond het, kan hy dit gemaklik laai.
Die grootste voordeel is dat jy met ‘n 60KW trekker 1 ton kalk op ‘n slag kan laai. Die bak het geen hidrolika nie en werk dus meganies met ‘n tou wat jy trek om die hak meganisme los te maak.