


Jy spandeer duisende rande om hooi te maak vir jou diere, vir die afseisoen, maar jy gee jy nie vir hulle voldoende toegang daartoe nie want die hele baal word uit gesit.
Met die Baalafroller maak jy die voer los, elke dier het dus beter toegang tot die voer en jy het ‘n beter voeromset wat jou diere makliker deur die winter laat gaan.
Jy benodig slegs ‘n 60KW trekker met 2 hidroliese punte.
Ons gebruik ook die Baalafroller om slegte weidingskolle soos tambokiegras en slangbos uit te roei, deur vir die beeste die bale op die slegte kolle af te rol, sodoende trap hulle die indringerplante dood.