Bus 1585

Ermelo

2350

Cell: 082 417 0175

Van die Boer, aan die Boer.

Trekker Forklift – Vanaf R 30 000 + btw

 

Ons almal weet dat ‘n Forklift die handigste ding in die wêreld is, maar hy kan nie op die plaas werk nie. Hy sit vas. “Rough terrain” Forklifts is onbekostigbaar.

Hier is ‘n praktiese, bekostigbare oplossing. ‘n Trekker Forklift.

Tractor forklift

3 bale op 'n slag

 

Ons koop gebruikte maste op, en maak hulle reg, en verander hulle sodat hulle aan die trekker hak, aan die drie punt. Die mas gebruik die trekker se hidrolika. Aangesien dit ‘n gebruikte mas is, is die mas baie goedkoop. Ons het alle funksies van ‘n regte forklift beskikbaar. Easylift, sideshift en 3 stage maste.

 

Baal penne

Wat ons verder reg gekry het is dat die mas “tilt” as jy die lift optel, so jy het nie ‘n silinder nodig nie, net ‘n toplink. En as jy die lift heeltemal optel, kan jy ‘n wa onderdeur hak.

 

 

 

Forklift

Stroper nek afhaal Laai van implemente

 

 

 

 

 

Die maste is baie sterk. Die beperking is die trekker se gewig.

Met 40kw trekker kan jy rondebale van 350 kg optel.
Met 60kw trekker kan jy 1 ton massa sakke hanteer
Met 100kw trekker kan jy 2 ton palette optel.


 

Laai stroperwiel
Forklift met laaibak

Nou ook beskikbaar met aanvoegsel (attachment) waarmee jy grond of kalk kan laai. Meganiese tip aksie, laai amper 1 Ton op ʼn slag.