Bus 1585

Ermelo

2350

Cell: 082 417 0175

Vir die Boer, van die Boer.

Rolmoer

Rolmoer3_750X563

 

Die rolmoer of stronkekapper is 'n implement ontwerp om die mielie reste kleiner te kap.

As jy bewaringsbewerking toepas, Dan sukkel die stronke om te ontbind. Die rolmoer slaan die stronke stukkend wat maak dat hulle viniger ontbind. Jou No-till planter plant ook maklikker deur die kleiner stronke.

As jy konfensioneel plant, is jy genoodsaak om 2 keer te dis as jou stronke te veel is. Die rolmoer doen die werk van 1 van die dis bewerkings, vir 'n fraksie van die koste, en tyd.

Rolmoer2_750X563

Ons 6 meter rolmoer benodig 'n 55 kw trekker, en werk teen omtrend 15 km per uur. Jy kan 30 hektaar per dag doen, afhangende van lande en mis.

Geen hidrolika, geen aan en afhak van segmente nie. Jy swaai hom deur 'n 4.8 meter hek. Sy werking is met lem spoed, en nie gewig nie.

Dit is die goedkoopste rolmoer op die mark.

 

 

IMG-20130801-02083